Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 25 OKTOBER 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag.

RADIO AMATEUR EKSAMEN NUUS

LANG AFSTANDE OP BHF GEDURENDE DIE SOMER

en

DIE JEUG SÊ DANKIE, AAN DIE RADIO AMATEURS

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Die RAE is nou afgehandel; al die vraestelle is gemerk en die uitslae is op die Liga se webblad gepubliseer. Die Suid-Afrikaanse Radioliga Raad will al die suksesvolle kandidate gelukwens en hoop om hulle binnekort op die lug te hoor. Baie dankie aan al die Toesighouers en HF Assessore wat gesorg het dat alles so glad verloop.

** Die Liga se noodkommunikasie arm, Hamnet, is betrokke by die Somer Kommunikasie oefening, wat huidig plaasvind. Sestien stasies probeer om ewekansige boodskappe onder mekaar oor te dra in elke drie uur slot sedert gistermiddag (Saterdag) tot vanmiddag (Sondag), hulle maak gebruik van enige een van 13 frekwensies. Met voortplanting variasies, sal hierdie frekwensies slegs van toepassing wees op spesifieke tye van die dag of nag. Die oefening word gehou met verduistering voorwaardes, sodat daar geen stasie enige soort hooftoevoer elektrisiteit gebruik vir enige doel hoegenaamd.

As jy van die idee van noodkommunikasie hou en waarvoor Hamnet staan, sluit by ons aan vir die Hamnet bulletin tydens die Amateur Radio Today-program om 10:00 vanoggend op 'n herhaler naby jou, of stuur ’n e-pos aan my, Dave, by zs1dfr@telkomsa.net

** Lang afstande is moontlik op BHF gedurende die somer maande, sê Mike, ZS2FM. Baie lang afstand werking is moontlik tydens die warm somermaande via die verskillende tipes voortplanting, insluitend jaar lange kontakte op satelliete en AMA. Tropo Strooi (TrS) 1 000 km plus, Tropo Enhancement (TrE) 400 km plus, Tropo geleiding (TrD) 4 000 km plus, Sporadiese-E (Es) 2 500 km plus, Meteor Strooi (MS) 2 500 km plus, Vliegtuie Strooi (AS) plus/minus 1 000 km, Kort-pad Somer Sonstilstand Voortplanting (SSSP) 13 000 km plus, Satellite (SAT) 7 000 km plus en Aarde-Maan-Aarde (EME) plus/minus 20 000 km.

** CQ Hou Koers, Die Voortrekkers se nasionale amateurradiokommunikasiedag, het op 17 Oktober 2015 plaasgevind. Daar het amptelik vyftien verskillende Voortrekkerkommando's van regoor Suid-Afrika deelgeneem, insluitende 'n stasie uit Namibië. Die Sasolburg Radioklub het ook twee jong amateurs laat deelneem onder die spesiale roepsein ZS50SRK. Die Voortrekkers bedank elke radio amateur wat die moeite gedoen het om tyd en aandag aan jongmense te spandeer tydens die geleentheid, asook elke Voortrekkergroep vir die entoesiastiese deelname. Stuur asseblief logstate na cq@orionvoortrekkers.co.za

** Jamboree op die lug en Jamboree op die internet het verlede naweek plaasgevind en Padvinders en Meisiegidse regoor die land het dit geniet om met amateur radio met ander jong mense te praat. Die Padvinders en Meisiegidse en hul leiers wil al die radio amateurs wat betrokke was by JOTA en JOTI baie dankie sê.

Radio amateurs tesame met die Padvinders en Meisiegidse leiers word versoek om 'n kort verslag van hul aktiwiteite in te dien om 'n nasionale JOTA / JOTI verslag saam te stel. Stuur jou verslag teen 1 November aan zs4bs@netactive.co.za.

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** ’n Afrikaanse woordeboek vir die Afrikaans sprekende radio amateur is in wording. Na ’n geruime tyd van navorsing en ’n soektog na ’n Afrikaanse woordeboek wat niks opgelewer het nie, is daar informeel besluit om ’n Afrikaanse woordeboek vir die Afrikaans sprekende amateur bymekaar te sit. Om die ideaal te verwesenlik gaan daar ’n vertalingspan van tussen 4 en 5 lede gestig word om die vertaling te behartig. Insae in die projek sal ook gekry word van akademiese instellings soos die Universiteit van Noordwes (Potchefstroom) en andere wat ons nog sal nader. Sou jy belangstel om by die projek betrokke te raak moet jy Etienne Naude, ZS6EFN, kontak by etienne@afrigrid.com.

** Die CQ WW DX ESB kompetisie het gister begin en eindig om middernag UTC vanaand. Aktiwiteit is op 160-tot 10-meter en 'n RS-verslag en CQ sone word uitgeruil, vir Suid-Afrika is dit zone 38.

** Die tweede RaDAR Uitdaging van 2015 vind plaas op Saterdag 7 November en begin om 00:00 UTC en eindig om 23:59 UTC. Aktiwiteit op hierdie internasionale kompetisie word toegelaat op alle amateur bande insluitend kruis kontakte via amateurradio satelliete. Jy kan gelykgolf, ESB, AM, FM of enige wettige digitale modus gebruik, maar QSO’s via aardse herhalers sal NIE toegelaat word nie.

Jy kan deelneem as 'n RaDAR vaste stasie - by die huis, 'n RaDAR veldstasie - weg van die huis of as 'n bewegende RaDAR stasie - verwys na die reëls vir die wyse van vervoer. Die uitruiling is 'n roepsein, naam, RS(T) verslag. QTH en ruitverwysing. Logstate moet teen 17 November ingedien per e-pos aan edleighton@gmail.com.

** Die PEARS HF kompetisie vind plaas op Sondag 8 November en begin om 12:00 UTC en eindig om 16:00 UTC. Dit is 'n foon alleen kompetisie met aktiwiteit op die 20, 15 en 10 meter bande en jy kan deelneem as 'n enkele operateur, basis of veldstasie of as 'n multi-operateur, basis of veldstasie. Die uitruiling is 'n RS verslag en roepsein. Jou log moet teen 22 November ingedien word per e-pos aan contest@peham.co.za

** ** Die Pretoria Amateur Radio Klub se Mega vlooimark en die 85ste Algemene Jaarvergadering sal op Saterdag 31 Oktober gehou word. Die Pretoria ARK hou 'n mega vlooimark op Saterdag 31 Oktober 2015 by die Pretoria Ou Motor Klub in Silverton vanaf 08:00 tot 10:00 SAT. Die gewone worsbroodjies, koffie, tee en koeldrank sal te koop aangebied word. Almal is welkom en om 'n tafel te bespreek, kontak Johan, ZS6JHB, op 079 333 4107.

Die 85ste Algemene Jaarvergadering van PARK sal plaasvind vanaf 11:00 CAT by die Pretoria Ou Motor Klub. Lede en besoekers is welkom om te kom deelneem, na die tyd sal daar 'n bring en braai gehou word. Slaaie en die vuur sal voorsien word; ander verversings sal ook te koop wees. Lede en belangstellendes wat die braai wil bywoon moet asseblief Johan, ZS6JHB, op 079 333 4107 kontak vir spyseniering doeleindes.

** Voortplanting verslag, Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Aktiewe Sonvlek 2436 het 'n komplekse magnetiese samestelling en kan die bron van M-klas fakkels wees. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 67 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

En nou vir die dagboek van gebeure

Vandag tot middernag UTC – die CQ WW DX ESB kompetisie
31 Oktober – Pretoria ARK Mega Vlooimark en 85ste AJV
1 November – Jou JOTA/JOTI verslag ingedien
7 November – die RaDAR Uitdaging
8 November – die PEARS HF kompetisie
10 November – sluitingsdatum vir artikels vir die November/Desember Radio ZS

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

** Die RAE is nou afgehandel; al die vraestelle is gemerk en die uitslae is op die Liga se webblad gepubliseer. Die Suid-Afrikaanse Radioliga Raad will al die suksesvolle kandidate gelukwens en hoop om hulle binnekort op die lug te hoor. Baie dankie aan al die Toesighouers en HF Assessore wat gesorg het dat alles so glad verloop.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

73's en dankie vir die luister

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003